Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Westvaal

LYDENBURG - Met 'n prag van 'n gebou, handhawing van positiewe groei en kliëntetevredenheid te alle tye, kan die voorspelling vir Westvaal Lydenburg Mashishing se toekoms nie anders as rooskleurig wees nie.

Dié motorhandelaar het verlede Donderdag sy nuwe gebou op die hoek van Voortrekker- en Viljoenstraat ingewy.

Westvaal Lydenburg Mashshing het in 2008 die destydse General Lydenburg oorgekoop en in Mei sy intrek in die gebou geneem wat in die Indiërsakesentrum

geleë was.

In 2016 is die grond van die huidige perseel gekoop en op 18 Desember verlede jaar kon die nuwe gebou betrek word.

“Ons is trots op die nuwe tuiste van Westvaal Lydenburg Mashishing,” vertel Jehane Claase, handelaarshoof. “Die gebou is goed geleë, die sigbaarheid is groter en die dorpsaansig lyk beter.”

General Lydenburg is destyds deur Mike Prinsloo oorgekoop en die Westvaalgroep word steeds deur die familie bedryf. Vandag is die Lydenburg-tak een van 90 Isuzu- en 40 Opel-handelaars in Suid-Afrika. Westvaal Lydenburg Mashshing is een van ongeveer 20 motorhandelaars in die Westvaalgroep wat in Mpumalanga, Limpopo, Gauteng, Noordwes, die Vrystaat en die Kaap gevestig is.

Volgens Claase huisves hulle ses vervaardigers se produkte waaronder Suzuki, Renault, Hyundai, Opel, Isuzu en Volkswagen.

Oor hul prestasies is dié handelaarshoof beskeie, maar hy vertel tog dat hulle onder andere al ‘n paar keer as die handelaar van die jaar in hul kategorie in die land aangewys is. Hulle werkswinkeltegnici het vierde uit 600 landswyd geëindig tydens ‘n interne kompetisie waar daar op voertuigkennis gekonsentreer is.

Of die ekonomiese klimaat ‘n uitwerking op hulle het, antwoord hy soos volg: “Dit lyk soms moeiliker as wat dit is. Ons glo om verby dit te kyk, anders werk dit negatief op jou. As die ekonomie knyp, werk ons net harder om ons verkope te handhaaf.”

Westvaal Lydenburg Mashishing se mense is waarom die spil van die besigheid draai.

“Dit is mense wat karre verkoop. Gesindhede en houdings van jou personeel bepaal die sukses,” meen Claase.

Westvaal Lydenburg Mashishing het ook ‘n kleiner tak wat in Steelport bedryf word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button