Schools galleries

IN FOTO’S: Laerskool Nelspruit se gr. 1’s

Laerskool Nelspruit geseën met reën en nuwe gesiggies.

Ogies wat skitter van opgewondenheid, gesiggies wat straal van verwondering, en trotse ouers wat trane wegpik was Woensdag, 14 Januarie op die skoolterrrein by Laerskool Nelspruit sigbaar

“Vandag is ’n besonderse dag op Laerskool Nelspruit se kalender: Die dag waar daar na groot afwagting en opgewondeheid 2026 se gr. 1-leerders vir hul heel eerste skooldag verwelkom,” het hoof Jaco Hauptfleisch gesê

Met tasse groter as die maatjies self, het mnr. Hauptfleisch en die diensraad die 155 blinkoog Nellies, wat soos sponsies smag om meer te leer, saam met pappa en mamma by Laerskool Nelspruit verwelkom.

Laerskool Nelspruit vier vanjaar hul 110de bestaansjaar, en met hul feesjaar tema – ‘Hoop en dien’, bly hulle daaraan verbind om vir elke Nellie die beste toekoms te skep en voor te berei. Maar hulle besef ook dat dit nie vanself gaan gebeur nie en dat dit slegs deur hulle aksies, optrede en diensbaarheid moontlik sal wees.

Die reënerige weer het die geleentheid geskep vir daai rustige en betekenisvolle eerste oomblik in die klaskamer, waar elke leerder hul juffrou kon ontmoet en tuis raak in hulle nuwe leeromgewing.

Getrou aan ’n geliefde tradisie, ontvang elke leerder ‘n klein spekboom om te plant – ’n herinnering dat elke leerder, net soos die spekboom, die potensiaal het om te groei en ’n positiewe verskil in die wêreld te maak.

Toe die klok uiteindelik lui en die woorde “Mamma, ek sal oukei wees,” sag oor die skoolterrein weerklink, is ’n laaste stywe drukkie gegee. Met ‘n dapper tree was die gr. 1-leerders gereed om die eerste bladsy van hul skoolloopbaan by Laerskool Nelspruit te begin skryf.

Adam de Beer en Kayden Barnard.
Adriaan Kruger en Narzi Obidev.
Eddie en Esmé Barnard.
Leo Botha en Jessé Swart.
Wanine, Danyelle en Pieter Jonker.
Corrie, Ané en Wilmari Ludike.
Sharlaine en Sharlize Kok.

Sharlunique (Nellie Miere), Samantha en Xanrich Olivier.
Dirk, Jessé en Lizelle Swart.
Diewald Botma.
Ammaar Mahomed en Muab Ismail.
Andrea en Andries Heyns.

 

Anari Bolt en Mieke Naudé.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

markkinnear

Mark Kinnear is based in Mbombela and has 33 years’ experience in journalism, mainly on the sports beat. He has made his career in community media and has extreme passion for covering a wide variety of sports events.
Back to top button