Rooi span te warm vir blou span
Die geleentheid is loshande deur die rooi span met 'n totaal van 1 432 punte teenoor die blou span se 1 206 punte gewen. Die blou span het die sangtrofee losgesing.
Atlete, ondersteuners en gillende skare het ‘n opwindende dag van atletiek met die jaarlikse interhuisbyeenkoms Dinsdag by Hoërskool Bergvlam beleef.
Die geleentheid is loshande deur die rooi span met ‘n totaal van 1 432 punte teenoor die blou span se 1 206 punte gewen. Die blou span het die sangtrofee losgesing.
Heelwat rekords het tydens die dag gespat. In die seuns o/14-verspring item het Temika Njabulo die rekord van 5,16 meter na 5,31 meter verbeter. Maudus Banda het die skare op hul voete gehad toe hy die o/17-verspringrekord van 6,32 meter na 7,01 meter verander het. Sy prestasie
is ook as die beste van die dag aangewys. In die o/19- driesprongitem het Njabuliso Ngomane die rekord met ‘n volle 23 sentimeter verbeter.
Sy het ook die hoogspring-teiken vir dogters o/19 met vyf sentimeter verhoog wat dan die nuwe rekord van 1,53 meter is.
Die o/14-hekkie-atleet, Emma Nunes, het haarself ook in die rekordboeke ingespring. Sy het die vorige 300 meter rekord van 59:00 sekondes na 55:96 sekondes verbeter. Sy het ook die 80 meter hekkierekord in haar ouderdomsgroep van 20:60 na 19:93 sekondes verbeter.
Kyk hier na die foto’s van die dag.
