Spanwerk dra by tot BHS se sukses
Sandile Mlangeni het die oudste inter-hoërrekord wat deur Johan Pienaar van Hoërskool Nelspruit opgestel is, verpletter. Die rekord vir seuns o/17 in die 100 meter is in 1970 opgestel, 45 jaar gelede, met ‘n tyd van 10,8 sekondes.
Sandile Mlangeni het die oudste inter-hoërrekord wat deur Johan Pienaar van Hoërskool Nelspruit opgestel is, verpletter. Die rekord vir seuns o/17 in die 100 meter is in 1970 opgestel, 45 jaar gelede, met ‘n tyd van 10,8 sekondes.
Sandile handel die 100 meter vir seuns o/17 af in ‘n rekordtyd van 10,59 sekondes. Hy het ook ‘n 11 jaar oue rekord in die
o/11-seuns met 22, 21 sekondes verbeter.
Hoof van Hoërskool Barberton, mnr. Pieter Ferreira skryf:
Baie geluk aan Hoërskool Nelspruit met die aanbied van ‘n puik georganiseerde 66ste Laeveldse interhoëratletiekbyeenkoms. Dit was vir Hoërskool Barberton ‘n voorreg om deel te kon hê in hierdie skouspel. Hulle gasvryheid word hoog op die prys gestel. Geluk aan al die atlete en toeskouers met hul puik optredes.
Baie dankie aan die personeel, leerders, atlete en ouers van Hoërskool Barberton vir die ondersteuning van ons skool. Harde werk en ure se opoffering in die son is ‘n bydraende faktor tot die suksesverhaal van Barberton aan die interhoër. Ons is trots op elke deelnemer, op die baan asook op die pawiljoen, wat bygedra het tot die positiewe beeld van die skool.
BHS is trots op wat ons as deel van ons wenspan vermag het. Julle het voorwaar die oog gevang met entoesiasme, deursettingsvermoë, energieke optredes en deelname. Daar is gestand gedoen aan ons slagspreuk: “Werk saam, wen saam”.
Kyk hier om te kyk na die foto’s van die dag.
