NELSPRUIT – Diegene wat kla kinders lees nie meer nie, het nog nie vir Bernadette Jacobs (17) ontmoet nie. Dié matriekleerling van Hoërskool Bergvlam het na afloop van die Junie-eksamen tydens die skoolvakansie aan die land se voorste Wetenskap-olimpiade deelgeneem.
Minquiz is 'n nasionale kompetisie wat al sedert 1988 deur Mintek, die nasionale minerale navorsingsorganisasie, aangebied word. Gr. 12-leerlinge van regoor die land neem aan dié vasvra deel. Die doel is om 'n belangstelling in loopbane in wetenskap, ingenieurswese en tegnologie, veral in minerale en metallurgie, te bevorder. Hulle poog ook om die belangrikheid van minerale en metallurgie vir Suid-Afrkica by die kinders tuis te bring.
“Dit was 'n groot eer om daaraan te kon deelneem,” het Bernadette gesê. Deelnemers moes vrae oor wetenskap, wiskunde en algemene mynbou beantwoord. Ter voorbereiding van die kompetisie in Randburg van 9 tot 11 Julie, het Bernadette ou vraestelle en vasvra's deurgewerk.
Volgens haar het sy nou 'n nuwe perspektief op die al die fassette van ingenieurswese. Sy was ook in die besonder beïndruk met die moeite wat die maatskappy gedoen het. “Hulle het al
45to 50 deelenemers van waar ookal Gauteng toe gevlieg, ons by die lughawe opgelaai. Dit was baie lekker om so baie mense van regoor die land te ontmoet,” het sy gesê.
Hoewel sy die inligtingsessies oor mynbou baie interessant gevind het, is Bernadette – toppresteerder in die graad – nie iemand wat in in daardie rigting wil gaan studeer nie. “Ek het voorwaardelike keuring vir veeartsenykunde, en beoog om dit volgende jaar te gaan studeer.”
Dié slimkop is boonop veelsydig ook en het tydens die ATKV se Afrikaanse Olimpiade 'n 10de plek in Mpumalanga behaal.