Local newsNewsNews

Bakkie belaai met onwettige sigarette afgeskryf, bestuurder soek

NELSPRUIT – Die bestuurder van ‘n bakkie wat onwettige sigarette vervoer het, het van die toneel gevlug nadat die motor die N4 byster geraak het.   Die enkelkajuit Toyoto-bakkie het honderde pakke Pall Mall-sigarette aan die onderstel vasgebind gehad. Die rooi pakkies kon oral in die bosse rondom die motor, wat op sy dak gelê …

NELSPRUIT – Die bestuurder van ‘n bakkie wat onwettige sigarette vervoer het, het van die toneel gevlug nadat die motor die N4 byster geraak het.

 

Die enkelkajuit Toyoto-bakkie het honderde pakke Pall Mall-sigarette aan die onderstel vasgebind gehad. Die rooi pakkies kon oral in die bosse rondom die motor, wat op sy dak gelê het, gesien word.

 

Volgens ‘n ooggetuie, wat om veiligheidsredes anoniem wou bly, het hy ‘n slag gehoor en toe besluit om ondersoek te gaan instel. “Ek het gesien hoe ‘n man van die bakkie af na die pad toe stap, ‘n trok vra om te stop en by die trok inklim,” het hy gesê.

Hy meen die man se broek was vol bloed en dat hy kon sien hoe vleis van sy arm hang.

 

Kapt Pieter Smit van die SAPD se blitspatrollie het gemeen dat die waarde van die onwettige sigarette baie meer as R50 000 kan wees. “Ons verloor jaarliks miljoene rande se belasting as gevolg van hierdie tipe sogenaamde invoere,” het hy op die toneel gesê.

 

Kapt Smit het nooddienste in Malalane en Komatipoort in kennis gestel van die geval en instruksies gegee om paraat te wees vir iemand wat aan die beskrywing van die bestuurder se wonde voldoen.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button