Local newsNewsNewsSchools

Laerskool Laeveld redeneer radikaal

Drie leerders het deurgedring na die tweede rondte, en een na die nasionale kategorie.

NELSPRUIT – Laerskool Laeveld se leerders wat aan die Radikale Redenaarskompetisie deelgeneem het, het besonderse prestasies behaal.

Ané Janse van Rensburg (gr. 3) het 90% vir Afrikaans behaal, Anchené Jacobs (gr. 6) het 90% in Afrikaans en 88% in Engels behaal. Nog ‘n gr. 6-leerder, Rumé Stapelberg, het 88% in die Afrikaanse vraestel gekry en 90% in die Engelse een.

Die gr. 7’s, Blyde Steinberg en Zylke van Wyk, het albei aan die Afrikaanse-afdeling deelgeneem en 90% en 88% onderskeidelik verdien. Ané, Anchené en Blyde dring met hul prestasies na die tweede ronde van dié kompetisie deur. Rumé gaan ook aan die nasionale finale ronde van die Engelse kompetisie deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button