Local newsNewsNewsSchools

Middleburg verpletter NHS op tennisbaan

Hoërskool Nelspruit het behoorlik hul rieme teen HTS Middelburg styf geloop toe hulle die naweek in die finaal kragte gemeet het.

Hoërskool Nelspruit se tennisterre het hulle rieme teen die mag van HTS Middelburg behoorlik styf geloop toe hulle in die Mpumalanga Skole Liga finaal slegs twee van hul wedstryde gewen het.

Die Nellies Eerstespan seuns het 51-29 verloor terwyl beide die derde en vierde spanne met 52-27 uit die stryd gekruip het. die sesde span het pragtig gespeel om teen die Middelburg se vierde span 53-26 te wen.

Die meisies het self nie te goed in hulle afdelings gevaar nie en kon slegs die derde span 'n wen teen Belfast se eerstespan aan teken. Die tellin in daardie stryd was 77-2 wat vir die Nellies 'n bietjie trots gered het. Die Eerstespan het 50-29 verloor terwyl die tweede span ook 52-27 verloor het.

“Ons is baie trots op ons spelers wat dit tot in die finaal van hierdie strawwe liga gemaak het, en ons hoop om volgende jaar uit ons foute te leer en net sterker te word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button