Local newsMunicipalNewsNews

Afriforum takel die munisipaliteit

Afriforum het onlangs ondersoek rakende verskeie aangeleenthede in Thaba Chweu Munisipaliteit ingestel.

LYDENBURG – Afriforum het onlangs ondersoek rakende verskeie aangeleenthede in Thaba Chweu Munisipaliteit ingestel. Die forum het die nuwe maandelikse basiese heffing op krag-aankope van R550 (plus BTW) wat die munisipaliteit vanaf 1 Julie het op kleiner besighede in werking gestel het, onder die loep geplaas. Volgens mnr.

Leon de Jager, plaaslike voorsitter van die Afriforum Lydenburg-tak, het hulle reeds verskeie vergaderings met hulle hieroor gehad.“Die munisipaliteit het reeds in beginsel aanvaar dat die nuwe heffing onbillik is, en was op Vrydag 16 Augustus by die nasionale energiereguleerder (Nersa) om hul goedgekeurde tariewe te wysig. Sodra Nersa die aanpassing goedkeur het, sal die aanpassing in werking gestel word,” verduidelik De Jager.

Volgens hom kan besighede verwag dat die basiese heffing na tussen R100 en R150 per maand verander, afhangende van die grootte stroombreker op die besigheid se kragkas. Verskeie ander situasies is ook onlangs aangespreek toe ampsdraers van Afriforum- hoofkantoor op Lydenburg was, insluitende die brandende stortingsterrein en die feit dat daar geen afvalbestuur gedoen word nie, rioollekkasies wat by verskeie

plekke in die dorp voorkom, waterlekkasies wat by verskeie plekke in die dorp voorkom, die swak toestand van die paaie en die swak of geen herstelwerk of rehabilitasie wat gedoen word, wanneer opgrawings vir pypherstelwerk gedoen word nie.Afriforum-personeel het oral foto’s geneem en gaan die inligting wat hul ingesamel het, gebruik om te besluit watter toepaslike stappe, onder andere kriminele klagte teen munisipale amptenare en klagtes by departement van omgewingsake geloods sal word om hierdie sake reg te stel.

Om die proses te bespoedig, vra De Jager dat al die besighede wat hierdeur geraak word, so gou moontlik vir hom ‘n e-pos stuur na leondj@fraseralexander.co.za. Die volgende inligting moet daarin verskyn, naamlik die naam van die besigheid, die fisiese adres en die ampère-sterkte van die hoofskakelaar op die kragkas, byvoorbeeld 30A, 40A of 60A.

“Die munisipaliteit sal die inligting sou gou moontlik nagaan en die nodige veranderings aanbring. Hoe gouer ons dit kry, hoe vinniger kan ons die saak hanteer,” meen De Jager.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button