Local newsNewsNewsSchools

Polisie besoek Dwergieland

Kleuters van Dwergieland was in hul noppies nadat polisie hul besoek het

LYDENBURG – Kleuters van Dwergieland is onlangs aan hulle nuwe “polisie-pappa” voorgestel.

Lydenburg SAPS het kinders van die skool vreeslik bederf toe hulle besoek daar afgelêhet sodat die jonges nader met dié manne (en vroue) in blou kon kennis maak.

Kapt. Saartjie Roos, kommunikasie-woordvoerder van Lydenburg SAPS het die grootoog-kleuters behoorlik op hol gehad met die voorstel van Col. Chris Heymans as hulle eie “adopt a cop”.

Die maatjies kon ook nie wag om met Caesar, die polisiehond, en twee polisieperde van die berede-eenheid kennis te maak nie. AO Elbie Behmer en sers. John van Niekerk het spesiaal van Middelburg af gereis vir die demonstrasie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button