Local newsNewsNews

Vrae ontstaan oor Eskom se herstellings-beleid

Eskom stuur glo nie meer hul werkers in die nag uit om foute te herstel nie, weens vrees vir hul veiligheid.

NELSPRUIT – Eskom stuur glo nie meer hul werkers in die nag uit om foute te herstel nie, weens vrees vir hul veiligheid.

Volgens ‘n elektriese ingenieur wat om profesionele redes anoniem wou bly, was dit die terugvoer wat hy gekry het toe die krag op Summerbreeze Estate in Witrivier waar hy woon, op 12 Augustus afgegaan het.

“Waar hulle in die verlede altyd onmiddellik uitgekom het, het die skakelbord my dié aand ingelig dat hulle te besorgd is oor die veiligheid van hul werkers om hulle snags uit te stuur om sekere foute te herstel,” het hy gesê. “Ons vrees self vir ons veiligheid wanneer dit gebeur. Daar is vier komplekse op dieselfde kraglyn, en dit raak almal wat daar woon.”

Teen druktyd het mnr. Eric Khoza, woordvoerder vir Eskom in die area, nog nie op die aantygings kommentaar gelewer nie, ondanks die feit dat navrae al byna drie volle weke tevore gemaak is.

Diegene wat munisipale elektrisiteit gebruik, is egter in ‘n beter posisie. Dieselfde aand wat die ingenieur se elektrisiteit afgegaan het, het Nelspruit twee kragonderbrekings ervaar.

Volgens mnr. Joseph Ngala, woordvoerder vir die munisipaliteit, was die krag in Riverside tussen 12:30 en 13:20 af. By Delta Eskom, wat Steiltes, Sonheuwel en die middedorp voer, tussen 23:30 en 05:35 af.

Eers het ‘n seintoestel ontplof en toe is die kragtoevoer onderbreek toe iemand glo 33 000 volt se hoë-stroomspanning kabels by die Anderson-substasie probeer steel het.

“Ons bedank graag die elektriese afdeling se personeel wat deur die nag gewerk het om te verseker dat elektrisiteitstoevoer betyds herstel is vir besigheidsure,” het Ngala gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button