Local newsNewsNewsSchool sportSchoolsSport

Slaan saam ‘n kishou vir beter sekuriteit by Nellies

Alle fondse wat ingesamel word, sal vir die opgradering van NHS se sekuriteitsisteem aangewend word.

NELSPRUIT – Twaalf uur se afslane, rughoue, voorhandhoue en vinnige voetwerk is hoe Nellies Klub 1 000 beplan om fondse in te samel.

Die klub – Hoërskool Nelspruit (NHS) se ondersteunersklub – bied 7 September ‘n tennismarathon as fondsinsamelingsprojek by dié skool se tennisbane aan. Alle fondse wat ingesamel word, sal vir die opgradering van NHS se sekuriteitsisteem aangewend word.

“Daar gaan musiek, verversings en hope Nellie-guts wees,” vertel

die tennismarathon-koördineerder,

dr. Jacob van Zyl. “Hierdie is ‘n unieke geleentheid waarin tennis ingespan word om ‘n groter doel, naamlik die fondsinsameling, te dien.

Skoolhoof dr Louis Swanepoel is dit eens dat hierdie ‘n unieke geleentheid is om die gemeenskap in belang van die kinders se veiligheid saam te snoer. “Die gesellige samesyn en reëlings betrek talle lede van die ouergemeenskap, asook leerkragte wat hul gewig by hierdie gewaardeerde projek gaan ingooi.

“Dit kan slegs suksesvol aangebied word, indien daar op die ondersteuning van besighede staatgemaak kan word,” verduidelik NHS se woordvoerder Liezl van der Linde.

Die marathon skop om 08:00 af.

Navrae: Dr. Jacob van Zyl by

013-752-2000, Riaan van der Spuy by 083-310-7497, of Nellies Klub 1 000 by 013-752-1911.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button