NewsSchools

Nefies kry goud by groot olimpiade

Die twee gr.6-leerlinge van Laerskool Bergland wen goud by die Nasionale Robotix Olimpiade.

NELSPRUIT – Twee nefies, Kobie en Pikkie Theron van Laerskool Bergland, het op 31 Augustus goud by die Nasionale Robotix Olimpiade gewen. Dié gr.6-leerlinge se projek was oor die herstel en bewaring van die iSimangaliso Wetland, beter bekend as die St. Lucia Vleiland, wat ‘n wêrelderfenisgebied is in KwaZulu-Natal.

Hulle het as die “Wetland Rangers” ‘n klein skaalmodel gebou waarin ‘n mensgemaakte kanaal van 1920 is weer in gebruik geneem kan word. Dit verbind dan die Umfolosirivier en die vleiland.

Volgens hulle voorstel, moet ‘n sluis in die kanaal aangebring word om die watervloei na die vleiland te beheer. Dit sal tydens gewone reënval en stormvloede toebly, terwyl dit gedurende droogtes oopgemaak sal word.

Volgens Lize Theron, Pikkie se ma, het die kinders van vleilande geleer en besluit om dit vir hul projek te gebruik. Kobie en Pikkie sal in November aan die Wêreld Robotix Olimpiade in Jacarta, Indoniesië deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button