Almal dra ‘n hoed want dis heerlike lente
Laerskool Malelane het die afgelope Vrydag Loslit-, Lente- en Boomplantdag gevier.
MALALANE – Laerskool Malelane het die afgelope Vrydag Loslit-, Lente- en Boomplantdag gevier.
Leerlinge is uitgedaag om snaakse hoede te maak en te dra en kon ook gewone klere aantrek en entrepreneur wees.
Sommige leerders en onderwysers het stalletjies opgerig om aktiwiteite en smulgoed te verkoop.
‘n Seun het sy klasmaats uitgedaag om hom met yskoue waterballone vir slegs R5 te gooi en ‘n dapper onderwyser het leerlinge uitgenooi om hokkieballe na hom toe slaan. Hy het darem doelwagtertoerusting gedra, maar was steeds effe bekommerd oor die saak.
Dit was ‘n suksesvolle geleentheid en baie van die jonges het hul eerste bome op die skoolterrein geplant.
