Laerskool Laeveld maak geskiedenis
NELSPRUIT – Laerskool Laeveld se o/13-seunshokkiespan het verlede week geskiedenis gemaak toe hulle as wenners van die Mpumalanga-liga gekroon is. Geskiedenis is egter reeds in die semifinale gemaak toe twee Ehlanzeni-skole as wenners uit hul onderskeie stryde getree het. Laerskool Bergland het met Laerskool Middelburg afgereken, terwyl Laeveld hul opponente van CR Swart kafgedraf het. …
NELSPRUIT – Laerskool Laeveld se o/13-seunshokkiespan het verlede week geskiedenis gemaak toe hulle as wenners van die Mpumalanga-liga gekroon is.
Geskiedenis is egter reeds in die semifinale gemaak toe twee Ehlanzeni-skole as wenners uit hul onderskeie stryde getree het. Laerskool Bergland het met Laerskool Middelburg afgereken, terwyl Laeveld hul opponente van CR Swart kafgedraf het.
Die finaal was ‘n naelbytstryd, met 22 seuns wat byna bloed gesweet het. Uiteindelik het Laerskool Laeveld as wenners uit die stryd getree, met ‘n welverdiende telling van 2-1. Dié span, onder leiding van afrigter Deon Lubbe, neem op 20 en 21 September aan die sogenaamde Champs of Champs-toernooi in Potchefstroom deel.
