Bergvlam matrieks neem afskeid
Nie een van die Matrieks was bewus van waar hul onthaal sou plaas vind nie.
NELSPRUIT – Die matriek-leerlinge van Hoërskool Bergvlam het verlede week hul skool vaarwel gewens met ‘n spoggerige afskeidsfunksie.
Hierdie jaar se tema was “Sparkle” gewees en die paartjies het tot op die laaste nie geweet waar hul afskeid sou plaasvind nie.
Onderwysers het gereël dat die leerlinge by die skoolterrein afgelaai word. Daar is hulle op ‘n rooitappeit aan ouers en mede-leerders voor die hoof paviljoen voorgestel voordat hulle per bus na ‘n geheime bestemming waar die onthaal plaasgevind het. Laevelder het later geleer dat die matrieks by Umbali Konferensie Sentrum onthaal is.
Meer as 150 matrieks hoop om vanjaar hul eindeksamens te slaag en sodoende die “grootmens” wêreld te betreë. Die eindeksamen begin in Oktober en die skool wens al hul seniors voorspoed toe.














