Local newsNewsNewsSchools

Sleutelgat jeugweek

Koning Jeugweek 2013: Boldness was ‘n reusesukses, nie net omdat alles goed verloop het nie, maar omdat mens ‘n lig in die oë van emosionele, geestelike en fisiese gebreekte tieners kon sien ontwaak. Die week se aktiwiteite het met die bekende sanger en akteur, Izak Davel afgeskop, toe hy leerlinge kom vertel het van sy …

Koning Jeugweek 2013: Boldness was ‘n reusesukses, nie net omdat alles goed verloop het nie, maar omdat mens ‘n lig in die oë van emosionele, geestelike en fisiese gebreekte tieners kon sien ontwaak.

Die week se aktiwiteite het met die bekende sanger en akteur, Izak Davel afgeskop, toe hy leerlinge kom vertel het van sy eie pad wat hy wou loop, maar dat God reeds vir hom ‘n bepaalde roete uitgewerk het, ongeag sy eie plan. Maandagaand het Jan Esterhuysen sy lewensverhaal met leerlinge kom deel en vertel dat daar wel hoop is, al lyk dinge nie so nie.

Dinsdag het Jacques Gombault, bekende Getroud met rugby-akteur, met sy kreatiewe “klanke” behoorlik ons lagknoppies kom druk, maar steeds ‘n treffende boodskap gelewer – God laat jou drome op die regte tyd waar word en verdubbel dan die resultaat.

Fanie Bolleurs was volgende op die aktiwiteitslyd en het leerlinge wakker gemaak deur hulle te laat besef “môre is dalk te laat”. Woensdag en Donderdag het kinders kom wys hoe “bold” hulle is met Die Boldness Challenge.

Gretha Wiid het Donderdag oor tienerseksualiteit saam met die InnieLig Celebration kom gesels. Wiid het ook met ouers in Keethuis gepraat terwyl InnieLig Celebration die kinders diep geraak het met God se boodskap aan hulle.

Jeugweek 2013 het Vrydag met die Plantasie Band afgesluit, wat ook regdeur die week verantwoordelik was vir die “praise and worship”, en die Turn to God Celebration wat die boodskap, “Moenie jou skippie laat sink nie”, gedra het.

Volgens Theunis de Ridder van Hoërskool Lydenburg se Kohin-groep, was die verwagting vir Jeugweek dat die kinders ontmoetings met die Here sal hê onder elkeen se eie unieke omstandighede.

Volgens de Ridder het hy dit veral in die “chatroom” beleef wat elke aand van 17:00 tot 18:30 en ‘n verdere 10 minute na elke vertoning oop was. “Hier kon kinders al hul probleme aan God oorgee,” vertel hy.

Hoërskool Lydenburg sê dankie aan al die wonderlike mense wat dit moontlik gemaak het dat Kohin Jeugweek 2013: Boldness kon plaasvind en dit reggerkry het om die

Jesus-vlammetjies weer binne leerders aan te steek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button