Hollywood swier onder die liggies
20 September was verseker ‘n hoogtepunt in LHS se matriekgroep se lewens toe die jaarlikse matriekafskeid eindelik aangebreek het. “Stomgeslaan !Ongelooflik! Stunning! Uit hierdie wêreld!” was maar enkele kommentaar wat nie net matrikulante nie, maar ook ouers, familie en vriende van die groep gelewer het met die aankoms Vrydagaand. Gr. 11ouers, onder leiding van mnr. …

20 September was verseker ‘n hoogtepunt in LHS se matriekgroep se lewens toe die jaarlikse matriekafskeid eindelik aangebreek het. “Stomgeslaan !Ongelooflik! Stunning! Uit hierdie wêreld!” was maar enkele kommentaar wat nie net matrikulante nie, maar ook ouers, familie en vriende van die groep gelewer het met die aankoms Vrydagaand.
Gr. 11ouers, onder leiding van mnr. Ben Booysen, het maande lank saamgewerk om die geleentheid ‘n werklikheid te maak en moes behoorlik bontstaan om die aand vir elke matriekleerder en hul ouers perfek te laat verloop. LHS se hotelskool het natuurlik keurige geregte voorgesit, soos altyd!
Om ‘n aand soos hierdie te laat realiseer het die gemeenskap van Lydenburg ruim bygedra. ’n Reuse woord van dank aan die volgende instansies en individue wat die “Duisend liggies in ou Hollywood” laat skitter het:
Hannas, Coastal Hire, Gethlane Lodge, Toyota, De Ark gastehuis, Ghnarrabos Tuisnywerheid, mnr. Arnie Treurnicht, me. Juanette Landsberg, me. Hanlie en Nikita Paulik, me. Antoinette Roos, Platdak drankwinkel, Okus restaurant, Kenchingtens Koffiewinkel, C&F drukkers, Die Juffrouens van die Rooibus, Azure Blue Verhurings, Rietfontein Verpakking, Yillies, Brenda van River Rose Skoonheidssalon, Maliflora, Mototholo-myn, Gert en André Elektries, Spring & General, Monzoon, Cherries en Scaplyn.
Mnr. en me. Loots asook die personeel van LHS bedank graag elke ouer in ons gemeenskap vir hul positiewe gesindheid teenoor ons skool en sy leerders. Met ouers soos u bou ons ‘n toekoms vir elke kind in ons skool.



