Local newsNewsNewsUpdate

Motorfietsryer sterf toe hy glo voertuig verbysteek

Die motorfiets is op impak na links geslinger en het ook teen die Ford gebots

BADPLAAS – ‘n Motorfietsryer is Saterdagoggend op die R38 dood nadat sy Yamaha met ‘n Toyota Corolla en ‘n Ford gebots het.

Die ongeluk het omstreeks 09:30 gebeur. Volgens mnr. Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, was die motorfietsryer in Barberton se rigting onderweg. Hy het die Ford verbygesteek en met die aankomende Corolla gebots. Die motorfiets is op impak na links geslinger en het ook teen die Ford gebots. Die man is op die toneel dood verklaar. Die bestuurders van die ander twee voertuie is nie beseer nie.

Verkeersvloei is nie belemmer nie en die toneel was omstreeks 14:00 opgeruim. Die oorledene se naam was teen druktyd nie bekend nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button