GalleriesLocal newsNewsNewsNews galleries

Kindertjies kan nou weer breed glimlag

Hoewel Operation Smile verskeie hospitale in Mpumalanga besoek het om die kinders te assesseer, sal almal wat daarvoor kwalifiseer, van 16 tot 21 November by Rob Ferreira

NELSPRUIT – Operation Smile se span was Vrydag by Rob Ferreira Hospitaal om hoop vir talle klein pasiëntjies met gesplete verhemeltes en lippe te bring. Van hulle sal November geopereer word en só ‘n tweede kans op die lewe kry.
Die kinders is deur ‘n verpleegster gesien en foto’s is van hulle monde geneem. Dit sal nou aan Operation Smile se span spesialiste gewys word wat dan die kinders wat kwalifiseer vir chirurgie, sal identifiseer.
Daar het byvoorbeeld Vrydag ‘n ma met ‘n drie week oue seuntjie opgedaag wat ‘n gesplete verhemelte en lippie het. Dit het geweldige implikasies omdat die melk by so ‘n kind se neusie uitloop en hulle dus nie ordentlik gevoed kan word nie. Dié baba is egter te klein vir só ‘n operasie (gesplete verhemeltes en lippe word eers op ses maande herstel) en sal nou na Pretoria geneem word waar ‘n plaatjie gemaak kan word om sy neus- en mondholtes van mekaar te skei.
Van die ander wat Vrydag ondersoek is, se gesplete verhemeltes en lippe is reeds herstel, maar hulle benodig opvolg-chirurgie. Hoewel Operation Smile verskeie hospitale in Mpumalanga besoek het om die kinders te assesseer, sal almal wat daarvoor kwalifiseer, van
16 tot 21 November by Rob Ferreira

geopereer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button