NewsNewsSchools

Vlammie aan die brand by Gymkhana

Chaney Mullin verwerf Mpumalanga kleure vir Gymkhana en die perderuiters se skole vereeniging.

NELSPRUIT – Hoërskool Bergvlam se leerlinge blink deedae besonders uit, veral in uitsonderlike sportsoorte wat nie so algemeen onder skoolkinders is as die gewone hoofstroom beuitemuurse aktiwiteite nie.

So het Chaney Mullin, ‘n Gr. 12-leerling van die skool onlangs in Gymkhana uitgeblink. Sy het vanaf 24-27 September aan die Nasionale Kampioenskappe vir Gymkhana, wat ook as Western Mounted Games bekend staan, deelgeneem.

Chaney het haar Mpumalanga kleure verwerf vir beide die Suid-Afrikaanse Western Mounted Games Vereeniging (SAWMGA) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Perderuiter Skole Vereeniging (SANESA).

By SANESA verwerf sy ‘n eerste plek, twee vierde plekke en eindig sy algeheel vierde. Sy het ook as ‘n lid van die Mpumalanga A span, wat algeheel ‘n derde plek behaal het, deelgeneem.

Tydens SAWMGA se kampioenskappe het sy ook ‘n eerste plek, twee tweede plekke, ‘n derde plek en ‘n agtste plek in verskillende items verwerf. Die Mpumalanga span het algeheel ‘n tweede plek behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button