
Hoërskool Nelspruit het op Dinsdag 9 Oktober sy jaarlikse akademiese-prysuitdeling gehad, waar leerders vir hulle uitmuntende prestasies beloon is.
Toekennings soos getroue skoolbesoek, vordering op akademiese vlak, hoogste gemiddelde persentasie asook leerders met ‘n sekere gemiddeld deur die jaar, is oorhandig. Beste vakprestasies en die top 10 van elke graad is ook aangewys.
Tydens dié spogaand, het die skool eer aan die oud-Nellie, Ralph Boëttger wat in 1979 ‘n matriekleerder van NHS was, getoon. ‘n Erepenning is met trots aan hom toegeken vir sy prestasies in die sakewêreld as hoof uitvoerende beampte van Sappi.
Toekennings
Meriete (dux) leerder – Shane van der Hoven
Mees verdienstelike leerder – Shane van der Hoven
Die hoof se toekenning – Andrea van Tonder
Koshuis (dux) leerder – Huis Maré – Anjo Lubbe
Huis Hermann Davin – Bendré Herholdt
Skool dux-leerders – Cecil Harley en Louise Hurter.

