Sonya swem haar pad oop na glorie
BARBERTON – ‘n Gr. 7-leerder van Laerskool Barberton, Sonya van Rooyen, wat aan die onlangse Tri-Nations- swemkampioenskappe deelgeneem het in die dubbele ouderdomsgroepe vir 13- en 14- jariges, het besonder goed gevaar. Sy het ‘n tweede plek ontvang vir 50m vlinderslag en drie derde plekke onderskeidelik in die 50m vryslag, 50m rugslag en die 200m …
BARBERTON – ‘n Gr. 7-leerder van Laerskool Barberton, Sonya van Rooyen, wat aan die onlangse Tri-Nations- swemkampioenskappe deelgeneem het in die dubbele ouderdomsgroepe vir 13- en 14- jariges, het besonder goed gevaar.
Sy het ‘n tweede plek ontvang vir 50m vlinderslag en drie derde plekke onderskeidelik in die 50m vryslag, 50m rugslag en die 200m individuele wisselslag. Boonop is sy ook as die beste 13-jarige dogterswemmer aangewys.
‘n Eerste vir ‘n Barberton-swemmer, is dat Sonya dieselfde aand by die Mpumalanga Swem-prysuitdeling haar volle provinsiale kleure ontvang het. Sy het die 2012/13-trofee vir die beste individuele prestasie ontvang vir haar tyd in die 50m vryslag.
Sonya het, volgens die tabel van die internasionale swem federasie, Fina (Fédération Internationale de Nation), die meeste punte van al die vroulike swemmers vir die jaar behaal met haar tyd van 29,54 wat sy geswem het tydens die vlak 3 gala in Maart in Durban.
Sy is beslis ‘n naam om dop te hou. Barberton kan sowaar trots wees op hierdie besondere jong dame.
