NELSPRUIT – Vele leerlinge van Hoërskool Bergvlam het die afgelope tyd op verskeie gebiede uitgeblink.
• Hoërskool Bergvlam-leerlinge het onlangs uitstekend in jukskei presteer. Die o/16 meisie- en o/19 seuns jukskei-span het albei tydens die Mpumalanga Junior Skoleliga as wenners uit die stryd getree.
Die seuns is Kobus de Jager (kaptein), Henning van Aswegen en Johan Pretorius. Die meisies is Miranda de Jager (kaptein), Kesandra Pretorius, Kayla Severn-Ellis en Annelize van der Merwe.

• Hanno Bijzet, ‘n gr. 11-leerling, het op sy beurt algeheel tweede geëindig tydens die Suid-Afrikaanse gimnastiekkampioenskappe wat op 24 September in Pretoria gehou is.
Dié artistiese Vlak-7 gimnas het ‘n goue medalje vir sy werk op die vloer ontvang en ‘n silwer op ringe, spronge, die beulperd, brug en rekstok gekry. Hanno het ook in Augustus by die Mpumalanga kampioenskappe ‘n algehele goue medalje verwerf, waarna hy gekwalifiseer het om aan die nasionale kampioenskappe deel te neem.
• Verder her Jade Wallace die visuele kunste-afdeling onder skole wat dit in Mpumalanga as vak aanbied, gewen. Die skool is baie trots op dié leerlinge.
• Die skool het ook Dinsdag ‘n loopbaan-skou gehou. Van die instellings daar het gesê die kinders se kennis van en belangstelling in hul moontlike tersiëre opsies was indrukwekkend.
