Burgie lugredery verskaf pret en plesier aan omgewing
BURGERSFORT – Laerskool Burgersfort het leerders se familie en vriende vermaak met hul suksesvolle Romdom die wêreld in 60 dae-konsert. Altesaam is 420 kaartjies vir die twee aande is blitsvinnig verkoop en ‘n derde aand is op ‘n stadium oorweeg maar kon weens omstandighede nie realiseer nie. Elke graad tot by graad sewe het aan …
BURGERSFORT – Laerskool Burgersfort het leerders se familie en vriende vermaak met hul suksesvolle Romdom die wêreld in 60 dae-konsert.
Altesaam is 420 kaartjies vir die twee aande is blitsvinnig verkoop en ‘n derde aand is op ‘n stadium oorweeg maar kon weens omstandighede nie realiseer nie.
Elke graad tot by graad sewe het aan die konsert deelgeneem. Elke klas het sy eie land gehad wat die leerders verteenwoordig het en opvoerings en kostuums is volgens die verskillende temas ontwerp.
Die gehoor is gevra om hul veiligheidsgordels vas te maak en twee leerders het as lugwaardinne opgetree om te verseker dat niemand honger- of dors ly nie. So het Burgie-lugredery se vliegtuig opgestyg en in China geland waar tradisionele danse opgevoer is. Nadat heelwat lande besoek is, het die vliegtuig ‘n laaste draai in Suid-Afrika gemaak.
Die skool wil graag almal wat baie hard aan die opvoerings, dekor en kostuums gewerk het, bedank.
Om meer fotos van die konsert te sien kan mense gerus na die gallerye op Steelburger/Lydenburg nuus se web blad gaan kyk.
