NewsSchools

Afrika met trots uitgebeeld deur Dasha

NELSPRUIT – Dié keer is dit vir Suid-Afrika! ‘n Reënboognasie, die Groen en Goud wat saam met ons sokkerspan Bafana Bafana, met trots ons land se naam omhoog hou. Vanjaar se tema vir Dasha se jaarlikse skoolkonsert is Afrika! Groot treffers soos “Waka Waka” en “Hier kom die Bokke” is van die liedjies waarna mense …

NELSPRUIT – Dié keer is dit vir Suid-Afrika! ‘n Reënboognasie, die Groen en Goud wat saam met ons sokkerspan Bafana Bafana, met trots ons land se naam omhoog hou. Vanjaar se tema vir Dasha se jaarlikse skoolkonsert is Afrika! Groot treffers soos “Waka Waka” en “Hier kom die Bokke” is van die liedjies waarna mense kan uitsien.

Die rolstoeldans is een van die spesiaalste items op die program en die leerders geniet dit terdeë.

Die bestaan uit leerders van die hele skool, behalwe sommige van die outistiese kinders wat nie deelneem nie. “Ons oefen sedert Augustus en het baie moeite gedoen om voor te berei, sodat alles seepglad verloop,” het die hoof

me. Shirley Parsons vertel.

Die leerders kry elk T-hempies vir die konsert wat deur Sonpark Select en ‘n jeuggroep van Nederland geborg is.

Die verhoogdekor is deur die personeellede, natuurlik met behulp van die kinders, self gemaak.

Daar is ‘n spesiale prent vir elke liedjie wat deur Raymond de Freitas ontwerp is. Dit beeld die agtergrond van die liedjie uit.

Op Vrydag

18 Oktober gaan daar ‘n snoepie met heerlike versnaperings soos aartapelskyfies, sjokolade en koeldranke wees – vooraf én gedurende pouse.

“Van ons werkswinkel se produkte gaan ook daar te koop wees. Dit is ‘n groot verskeidenheid van mosaïekwerk, potterbakkerskuns asook leerwerk en gebreide items,” het Parsons bygevoeg.

Dit is waarlik ‘n belewenis om die wonderlike talent van dié groepie kinders en jongmense te sien.

Die vertoning vind om 18:30 by die stadsteater plaas.

Navrae: 013-741-4039.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button