NewsSchools

Keurspel van musiek vertel storie van hoop

Akademie het met trots die afgelope week hul revue op die planke gebring. Dit was 'n keurspel van pragtige sang en musiek met uitsonderlike talentvolle akteurs.

KOMATIPOORT – Akademie het met trots die afgelope week hul revue op die planke gebring. Dit was ‘n keurspel van pragtige sang en musiek met uitsonderlike talentvolle akteurs.

Soos die kraai vlieg… is ‘n musiekblyspel wat tesame met die draaiboek deur Elle Chapman McLea geskryf is en is vooraf eers as ‘n werkswinkel aangebied en waar karakter elke breedvoerig behandel is.

Sy het ook leiding met die rolverdeling gegee. Regie is deur Trudie Stander, Marian du Plessis, Nicolette Verwey, Maryke Fouchè, en Maritza Uys behartig. Die sangers en koor is deur Marian du Plessis, Nicolette Verwey en Maryke Fouchè afgerig.

Retha Smit, Marie Thiele, Magda Stronkhorst en Marita Greeff het uitstekende werk met die kostuums gedoen, terwyl Esta Rolfe, Marieta Engelbrecht, Anina Willers, Mary-Ann Thuynsma, Carolina Becker, Helga van der Westhuizen, Juanita Atkinson, Annatjie Kruger, Herman Badenhorst en Cronjè Theart met die dekor hulle goed van hul taak gekwyt het. Helena Jacobs, Tarryn Coetsee, Annemarie Badenhorst, D.M. de Kock, Zoe Holder, Cornelia Nel en die klasonderwysers het gesorg dat al die dansers op hul beste vertoon het. Daar is reeds verlede jaar Oktober met die beplanning en voorbereiding begin. Onderwysers, leerlinge en ouers het alles ingesit om dit ‘n onvergeetlike geleentheid te maak.

Die seniorburgers van die omgewing het Woensdagoggend die geleentheid gehad om die kleedrepetisie gratis by te woon.

Die openingsaand het dieselfde aand plaasgevind en Donderdagaand en Vrydag was die gala-aand.

Daar is menige traan weggepik en by tye weer geskaterlag, – veral vir die bekkige klein Oniks wat tydig en ontydig een van sy ‘idiome’ moes deel.

Akademie kan met reg trots wees op hierdie kinders – dis glad nie onmoontlik dat van hierdie leerlinge dit nog baie ver kan bring met hul toneelspel nie.

Die verhaal begin in die hospitaalkamer van die ouma van tienjarige Jasper (Kraai), vertolk deur Marnu Verwey en sy sewejarige sussie Jacinda (Asjas) oftewel Kanya Verwey. Ouma wat na die tweetjies omgesien het, sterf af en noodgedwonge word hulle na Huis Hiernatoe gestuur.

Hul moeder is oorlede en hul pa het die pad daarna byster geraak, geld gesteel om te oorleef en in die tronk beland.

Dit is ‘n storie met ‘n gelukkige einde, van hoop, geloof, vergifnis en tweede kanse. ‘n Storie oor die lewe, die hoë waarde en kosbaarheid van elke mens – wat slegs in Jesus Christus gevind kan word, want hy het ons gekoop met sy eie bloed.

Daar is ook klem gelê op die woorde wat ons praat – dat dit mooi woorde moet wees, wat mense opbou en bemoedig en daar is gewys watter effek liefdelose, gevoellose woorde op die mens kan hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button