News

Kerk en familie steeds haaks

Dit volg nadat die kerk reeds etlike jare die terrein volgens Combrink misbruik. Volgens dokumentasie in sy besit, is die grond geskenk sodat die kerkjeugkampe, -byeenkomste en -feeste daar aangebied kan word.

WITRIVIER – ‘n Dertig jaar lange stryd tussen die familielid van ‘n skenker en die NG Kerk woed steeds voort. Mnr. Faan Combrink, seun van me. Ella Combrink, het onlangs ‘n regskennisgewing in Laevelder geplaas wat die kerk verbied om sy ma se naam aan hul kampterrein te koppel.

Dit volg nadat die kerk reeds etlike jare die terrein volgens Combrink misbruik. Volgens dokumentasie in sy besit, is die grond geskenk sodat die kerkjeugkampe, -byeenkomste en -feeste daar aangebied kan word.

Dit blyk egter dat dit vir baie ander winsgewende doeleindes aangewend is, soos as blyplek vir Innibos-besoekers, jaareindpartytjies en tydelike huisvesting vir buitelandse werkers.

Die kamp se gaste is al vir etlike jare vir Combrink ‘n kopseer. Omdat daar vir kampeerders vrye toegang was, het hulle al vele kere by van die plaashuise aangeklop om aanwysings.

Sy grootste probleem is egter die skade aan die natuur in die omliggende area. Volgens hom is die ou pad na die terrein erg verspoel en het hy ‘n stootskraper gehuur om die erosie te probeer keer. Die volgende wat hy gesien het, was ‘n stootskraper wat ‘n nuwe pad op ‘n heel nuwe roete deur die plaas geskraap het. Toe hy beswaar aangeteken het, het die kerk te kenne gegee dat hulle toestemming het. Hy as eienaar is egter nie ingelig nie. Hy meen dat dit beter sou wees om die ou pad op te knap. Dit sou die meegaande rommel en gronderosie van die nuwe een baie verminder het.

Combrink het daarna ‘n persoon aangestel om maniere te vind om die gronderosie weens water te keer en ‘n plan is ontwikkel. ‘n Afskrif is aan die kerk gestuur, wat egter geïgnoreer is, volgens hom.

By navrae van Laevelder het mnr. Theo de Beer, een van die kampkomiteelede, gesê dat daar ‘n geskiedenis van konflik en hofsake tussen Combrink en die kerk was. Hy sê dat hy egter onlangs vir Combrink geskakel en vir samesprekings genooi het, maar dat hy geweier het.

Hy erken dat daar in die verlede foute begaan is, maar meen dat hulle nie die geleentheid gegun word om hulle saak te stel nie.

Volgens hom is die kampterrein destyds met die minimum opgerig, omdat daar geen fondse beskikbaar was nie. “As iemand ‘n baksteen of ‘n ekstra sinkplaat gehad het, is dit Ella Combrink toe geneem,” vertel hy. “Dit is ook die rede waarom daar bourommel is.”

De Beer sê dat die kerk die kampterrein nie alleen deur kampe en samekomste kan onderhou nie, want dit het nog baie opknappingwerk nodig. “Maar,” benadruk hy, “ons hoofprioriteit is steeds Christelike opleiding.”

Hy sê dat kampe gewoonlik oor naweke plaasvind en hulle dus ander organisasies moet betrek om die meer as R22 000 per maand (sonder onderhoudskostes) vir die terrein te kan behaal. Die kerk doen ook sendingwerk onder die mense wat daarheen gaan.

Alle winste word, volgens hom, weer vir die instandhouding en opknapping gebruik.

Hulle beoog om die kamp so winsgewend te maak dat hulle oor naweke die terrein gratis aan ander kerke kan bied. Hulle het egter nog omtrent R1,5 miljoen nodig om die terrein op die standaard wat hulle wil hê, te kry.

Hy nooi belangstellendes om enige tyd die terrein te besoek of na hulle boeke te kyk en glo dat persone wat al al daar gekamp het, baie positiewe terugvoer

sal gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button