NewsSchools

Vlammies dra pienk vir kanker

Bergvlam het Vrydag R8 500 vir die Pienk Bome vir Pauline-projek ingesamel.

NELSPRUIT – Die jakarandabome wat blom kleur die dorp tans behoorlik pers. Tog kan heelwat pienk ook deesdae in lanings gesien word.

Pienk Bome vir Pauline is ‘n landswye projek waartydens bome in meters pienk materiaal toegedraai word. Die doel daarvan is om mense van kanker bewus te maak en om fondse vir die wat daardeur geraak word in te samel. Die leerlinge en personeel van Hoërskool Bergvlam het in die verlede ook

hierdie inisiatief ondersteun.

Dié projek is verlede jaar geloods en het groot sukses behaal. Alhoewel die program begin is om aandag op kanker te fokus, is Oktober ook Borskankermaand.

Die aksieplan van Pienk Bome vir Pauline is om duisende meter pienk materiaal te verkoop en die fondse wat ingesamel word, in die betrokke dorpe aan te wend. Die skool het meters lap in klasverband gekoop waarmee hulle dan die bome op die skoolterrein toegedraai het. Die hooflaan op die perseel pryk al geruime tyd in pienk lap, maar die leerlinge kon Vrydag ook pienk “sivvies” aantrek.

Die geld wat ingesamel is, met die verkoop van die lap, is nie gering nie. Die inisiatief het sover goeie aftrek in die Laeveld geniet. Voor die

projek in September afgeskop het, is selfs die bekende wildevy in Burnside by die N4-deurpad in 50 meter pienk materiaal toegedraai. Bergvlam het Vrydag ‘n totaal van R8 500 ingesamel wat aan die kanker-projek geskenk sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button