NewsSchools

Skitter-geleentheid vir matrieks

Die Bella Donna Afrondingskool in Nelspruit en die Princess Project Suid-Afrika, het hande gevat om aande soos die matriekafskeid vir baie skoolmeisies ekstra spesiaal te maak.

Lenise Engelbrecht en Marzaan Hurter het ‘n nie-winsgewende organisasie gevorm om gr. 12-leerders finansieël te ondersteun.
Op Vrydag 19 September, is ses dogters van Hoërskool Bergvlam gehelp en bederf. Hulle het voetbehandelings en naelversorging gekry en hulle grimering en hare is óók gedoen.

Serwalo Hair Academy, 72 on Van Wyk, Hairtech, Jackie Volschenk, Cassandra McLaren, Hurtner, Sarah Janse van Rensburg en Laura Venter het almal bygedra om dit ekstra spesiaal vir die meisies te maak.
“Items soos vorige matriekafskeid- en, bruidsmeisie-rokke, skoene en selfs juwele – alles sal help.
Enige ondernemings wat met naels, grimering, hare, foto’s of vervoer kan help,
se bystand sal waardeer word. Ons soek ook dié wat met die droogskoonmaak van
die klere asook die nodige verstellings kan help.

Ons het reeds rokke van so ver as die Kaap, Port Elizabeth en Gauteng ontvang. Die plaaslike gemeenskap help ook baie,” vertel Engelbrecht.
Hulle beoog om volgende jaar nie net matriekmeisies te help nie, maar ook bruide.
Skakel Lenise Engelbrecth by 082-463-5056 of epos haar by lenise@belladonnaclasses.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button