NewsSchools

Nellies skitter by jaarlikse redenaars

Die kultuurboffins van Hoërskool Nelspruit het die naweek van 11 en 12 Oktober uitstekend gevaar.

Shané van der Hoven het as nasionale wenner in die radikale redenaars vir Afrikaans moedertaal, Engels addisionele en tweetaligheid weggestap.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van radikale redenaars dat ‘n leerder in drie afdelings die louere verower. In die nasionale eisteddfod, is Shané as wenner vir verhalende prosa gekroon.

Sy het ‘n ambassadeurstoekenning op nasionale vlak vir prosa (98%+) ontvang en is as nommer vier in die top-vyf van Mpumalanga in drama, musiek, sang, dans en kuns
aangewys.
Frederik van Dyk het aan die nasionale eisteddfod op provinsiale vlak in Mpumalanga deelgeneem en die hoogste toekenning in spraak en drama ontvang.
Henrike Nel het vier goue medaljes in die Suid-Afrikaanse talentkompetisie gekry en is gekies om Suid-Afrika in Desember in Amerika te gaan verteenwoordig.
Die gr. 10-leerder, Claudine Noppé is die itemwenner vir poësie in Mpumalanga wat sy gedurende die nasionale eisteddfod verower het.

Nastassja Opperman is as die itemwenner vir poësie (albei in Afrikaans en
Engels) in gr. 8 aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button