KOMATIPOORT – Komatipoort Akademie wie se matrieks eersdaags hul eindeksamen gaan skryf, het Vrydagaand van hulle afskeid geneem.
Die rooi tapyt is op die sportveld voor die hoofpaviljoen uitgerol, en die manne kon die geleentheid kry om behoorlik te spog met die vervoermiddels waarmee hulle en hul metgeselle by die geleentheid opgedaag het.
Die jonge dames het behoorlik met hul pragtige uitrustings uitgehang. Die ouers, vriende en belangstellendes kon die mooi prentjie gade slaan terwyl hulle, gewapen met kameras en videokameras, alles kon vaslê.
Die leerders is hierna met skoolbussies na Makarios vervoer waar die verrigtinge voortgesit is en waar daar behoorlik feesgevier en afskeid geneem is.
