NewsSchools

Kansa debutante maak Bergvlam trots

Nicola das Neves het die tweede meeste geld van al die debutante in die streek ingesamel.

NELSPRUIT – Hoërskool Bergvlam is met reg trots op die 12 KANSA-debutante wat hierdie jaar onder leiding van me. Magda van der Merwe, R92 000 vir die organisasie ingesamel het.

Tydens die organisasie se jaarlikse debutante-bal is die skool se groep as die span met die beste dienslewering gekroon. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat dié eer Bergvlam te beurt val. Zoey de Lange het ook die individuele toekenning vir die beste dienslewering vir 2013 ontvang, nadat sy deur die jaar verskeie suksesvolle bewusmakingsveldtogte geloods het.

Bergvlam se Nicola das Neves, ‘n gr. 12-leerling, het die tweede meeste geld in die streek ingesamel. Om vir die glansgeleentheid te kwalifiseer, moes debutante elk ten minste R2 500 insamel. Tessa Ayres, Suné-Lee Esch, Nadia Faria, Megan Fourie, Nikita Fourie, Megan Nicholson, Juané Nieuwenhuis, Michaela Skinner, Megan-Lee Uys en Nicole Verster is die Vlammies wat dit ook vermag het.

Van der Merwe het die gemeenskap vir hul bydrae bedank. “Baie dankie aan die gemeenskap, ouers en vriende van die debutante wat elke jaar die projek ondersteun. Die onbaatsugtige optrede van hierdie tieners verwarm my hart.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button