Jongspan maak ‘n draai in Storieland
Die skoolsaal van Komatipoort Akademie, waar dit opgevoer is, was van muur tot muur met ouers, vriende en belangstellendes wat na die kleinspan kom kyk het, gepak.

KOMATIPOORT – Toddle Tots se kleuters het op Donderdag 24 Oktober in hul konsert, Storieland, gesprankel.
Die skoolsaal van Komatipoort Akademie, waar dit opgevoer is, was van muur tot muur met ouers, vriende en belangstellendes wat na die kleinspan kom kyk het, gepak.
Die stuk was ‘n samestelling van bekende kinderliedjies uit die verlede, met ‘n storielyn, soos vertel deur Nadia Goncalves, eienaar van die skool. Die kleintjies was goed voorberei en het ‘n kort en kragtige vertoning gelewer.
Soos altyd, sorg ‘n kleuterskoolkonsert vir groot pret en verrassings.
So hier en daar was ‘n kleintjie nie heeltemal “teenwoordig” by die gebeure van die oomblik nie, maar almal het darem onthou om te wuif wanneer hul die verhoog saam met hul maatjies moes verlaat.
DJ Wasserman het passievol sy rol as “Dapper Muis” gespeel, en baie geïnspireerd aan die passies deelgeneem totdat sy stert afgeval het.
Dit het hom in sy spore gestuit en hy het soos ‘n soutpilaar gaan stilstaan. “Juffrou” moes noodgedwonge sy stert eers weer vassteek. Dit het gelyk of hy met ‘n skakelaartjie weer aangeskakel is en by het lustig verder sy rol vertolk.
Die babaklassie het ook deelgeneem en het in hul pajamas gesit en luister na “Juffrou Nadia” wat vir hulle so tussendeur die lekker liedjies, ‘n storie vertel het.
Aan die einde van die program het hul saam met die groter maatjies en die personeel op die verhoog verskyn en twee pragtige liedjies gesing en hul lyfies ritmies saam met die konsertgangers gewikkel en hande geswaai.
het, hartlik bedank.


























