Local newsNewsNewsSchools

Laerskool Bergland hou waterkaskenades

Die kinders het almal hulself gate uit geniet in die warm son en yskoue water...

NELSPRUIT – Laerskool Bergland het hierdie week hul jaarlikse waterkaskenades pret dag by die skool gehou as deel van hul fondsinsamelings projek. Die waterkaskenades word deur ‘n Johannesburgse maatskappy aangebied en altesaam 18 verskillende speletjies was op die dag aangebied.

Die kinders is in verskillende spanne opgedeel en moes teen mekaar kompiteer. Van die speletjies het ook spanwerk geverg soos wat die lede van die verksillende spanne water heen en weer moes dra of aflos moes hardloop met emmers vol water op skaatsplanke. Elke span het bestaan uit 15 lede en die wenners van ‘n spesfieke speletjie is met medaljes beloon.

Van groot opblaas glybane tot skuim gevulde opblaas swembaddens het die rugbyveld vol gestaan. Elke speletjie was net sewe minute lank en die spanne moes na elke rondte wissel na die volgende speletjie toe. Een van die dag se mees populêre speletjie was die glybaan waar spanne teen mekaar meegeding het om eerste by die baan af tot by ‘n sokkerbal te gly.

Die hoof doel van die dag was om soveel moontlik fondse vir die skool in te samel, maar vir die kinders het die water en die pret koning op die einde van die dag gekraai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button