NewsSchools

Bergvlam-onnies ontferm hulle oor renosterkalfie

Die internetgroep Africa Wild het Timbi deels aangeneem, en die Timbi Friday-konsep is vinnig besig om landswyd vlam te vat.

NELSPRUIT – Hoërskool Bergvlam se onderwysers verleen nou ook hul hulp en steun aan klein Timbi. Dié renosterkalfie is ‘n wesie wat deur Care For Wild-rehabilitasiesentrum aangeneem is.

Die internetgroep Africa Wild het Timbi deels aangeneem, en die Timbi Friday-konsep is vinnig besig om landswyd vlam te vat. Nou dra sommige van die skool se personeel elke Vrydag hul renosterhempies. Mnr. Hanno Mattheus, ‘n onderwyser by Bergvlam, het onlangs ook ‘n fondsinsamelingsprojek van stapel gestuur nadat hy Timbi ontmoet het.

Die hemde kos R200 vir volwassenes, en R150 vir skoliere, waarvan die meeste wins aan Timbi geskenk word. Groottes wissel van sewe jaar tot XXXL. Navrae: sagr.co.za of die Africa Wild-forums.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Check Also
Close
Back to top button