Local newsNewsNewsSchools

Laerskool Clivia gaan op veldskool

Dit is 'n geleentheid waartydens die leerders mekaar buite die skoolomgewing beter leer ken.

NGODWANA – Die Graad 6’e van Laerskool Clivia woon elke jaar ‘n onvergeetlike, avontuurlike en leersame veldskool by. Dié jaar se kamp was te Amsterdam van 28 Oktober tot 1 November.

Dit is ‘n geleentheid waartydens die leerders mekaar buite die skoolomgewing beter leer ken. Hulle leer die waarde van groepwerk, kommunikasie, spangees, kreatiwiteit en respek vir die natuur.

Drie personeellede, mnr C. Arnold, W Oosthuisen en me T. Potgieter het die leerders vergesel en hope buitelug pret aktiwiteit geniet. Die veldskool vorm deel van die skool se leierontwikkeling en identifiseringsprogram en na afloop van die veldskool word die leerderraad vir 2014 gekies.

Die leerders het aan verskeie aktiwiteite soos bio-diversiteit, wateraktiwiteite, probleemoplossings, literiabaan, hindersnisbaan asook die rooikat (mediumtoubaan) en lanternbekruip deelgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button