Hoërskool Rob Ferreira Kerspartytjie
‘n Groep van 21 leerders van Hoërskool Rob Ferreira het op Woensdag 23 Oktober onder leiding van Linel le Roux en Godfrey Mabunda, jeugmentors, en Mnr Sizwe Mashele, studente-onderwyser, die United Reformed Church in Msholozi se kleuterskool gaan besoek vir ‘n Kerspartytjie. Elke klas het ‘n kind “aangeneem” en vir die kleuter ‘n geskenk gegee. …
‘n Groep van 21 leerders van Hoërskool Rob Ferreira het op Woensdag 23 Oktober onder leiding van Linel le Roux en
Godfrey Mabunda, jeugmentors, en
Mnr Sizwe Mashele, studente-onderwyser, die United Reformed Church in Msholozi se kleuterskool gaan besoek vir ‘n Kerspartytjie.
Elke klas het ‘n kind “aangeneem” en vir die kleuter ‘n geskenk gegee. Die skool is al van Augustus af betrokke by die kleuterskool en het die skooltjie verskeie kere al besoek om tyd met die kinders te spandeer.
NG Witrivier-gemeente het ook ‘n gas-yskas aan die kleuterskool geskenk. Al die personeel wat by die skooltjie werk, doen dit vrywilliglik sonder om enige betaling te ontvang. Hulle maak ook elke middag vir die kinders kos.
