Sewes kuier in Mauritius
Met groot opgewondenheid het Rob Ferreira se sewes rugbyspan op 24 September vertrek om aan die Afrasia toernooi in Mauritius deel te neem. Die vliegtuig het vanaf Oliver Thambo lughawe om 12:30 gestyg en vier en ‘n half ure later in Mauritius (19:00 in die eiland) geland. Daarna is die span vervoer na die Grant …
Met groot opgewondenheid het Rob Ferreira se sewes rugbyspan op 24 September vertrek om aan die Afrasia toernooi in Mauritius deel te neem. Die vliegtuig het vanaf Oliver Thambo lughawe om 12:30 gestyg en vier en ‘n half ure later in Mauritius (19:00 in die eiland) geland. Daarna is die span vervoer na die Grant Baye Hotel.
Na ‘n verwelkomings partytjie deur die hotelpersoneel, is die span bederf met die eerste van vele heerlike maaltye. Die volgende twee dae kon die eiland en dorp verken word terwyl daar ook tyd ingeruim is vir ‘n oefensessie of twee. ‘n Openings seremonie wat deur verskeie hooggeplaaste gaste en selfs ministers van Mauritius bygewoon is, het kleur aan die geleendheid verleen.
Vrydag en Saterdag het die toernooi plaasgevind en die Robbies het hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Nadat hul drie uit die vier groepwedstryde gewen het en onder andere afgereken het met internasionale spanne, Mauritius B en Reunion, het hul deurgedring om in die kwarteind van die cup deel te neem. Die span was baie ongelukkig om in die kwarteind die knie te buig met 10 – 7 teen Mauritius A. Hierna het hul om die plaat meegeding en uiteindelik as wenners van die plaat kompetisie uit die stryd getree.
Nog twee dae van ontspan en inkopies doen het voorgelê voordat die vliegtuig op Dinsdag 1 Oktober moes opstyg. Uitstappies in die “glass bottom boat” na die koraalriwwe, snorkel by die riwwe, ‘n rit met die “catamarang” na die kleiner eilande en ander watersporte het deel uitgemaak van ‘n onvergeetlike ervaring.
Die lede van die sewesspan wil graag hul dank en waardering uitspreek teenoor elke borg wat deur die jaar bygedra het om te help om hierdie toer moontlik te maak. U het beslis ‘n waardevolle belegging in die lewe van hierdie jong seuns gemaak.
