Afriforum spreek gemeenskap toe
Gemeenskap vra vir AfriForum tak in dorp
Die Hazyview gemeenskap het belangstelling getoon aan AfriForum om ‘n tak in die dorp te stig. Dit is as gevolg van die voortslepende probleme met korrupsie, plaaslike regering, SA Polisiediens en omgewingsake. Die hoop is uitgepreek dat AfriForum met hulle ondervinding en regspanne die problem sal kan adresseer.
“Ons gaan twee vergaderings hou op die dorp ,” se Ruan Lottering, AfriForum gemeenskapskoordineerder. “Altwee sal op Donderdag, 21 November gehou word. Die eerste een vind plaas om 14:00 by Aan De Vliet en dan weer om 17:30 by Sanbonani. Ons sal onderwerpe soos, jou regte as landsburger, jou persoonlike veiligheid, dienslewering en die volhoubaarheid van die omgewing bespreek. Ook wil ons die bestaande veiligheidsnetwerke ondersteun ter beveiliging van inwoners.”
AfriForum is ‘n burgerregte-organisasie en nie ‘n politieke party nie. Die organisasie is, onder andere, bekend vir die suksesvolle regsoptrede teen Robert Mugabe rakende boere wat hul plase in Zimbabwe verloor het, die onlangse optrede in Lydenburg, Sabie en Graskop (Thaba Chewu) om te verhoed dat Eskom die krag afsny weens wanbetaling, en die suksesvolle regsoptrede teen die Departement van Korrektiewe Dienste rakende die diskriminerende regstellende aksie teenoor Kleurlingbewaarders in die Kaap. Vir verdere inligting oor AfriForum besoek www.afriforum.co.za
