Local newsNewsNewsSchools

Kleuterskool groet hul onderwyser

Kirsten familie trek Nelspruit toe

Deirdre Kirsten en haar man, Alex, en seuns Xander en Werner, verlaat Hazyview wat ‘n leemte. in baie kinders en ouers se harte gaan laat. Deirdre het vir jare al Wysneusie kleuterskool bestuur. Sy het so ‘n spesiale passie vir kinders en is bekend as een van die vriendelikste R en RR onderwyser in die dorp. Deirdre, ‘n gekwalifiseerde graag R en RR onderwysers , het HOD Preprimere en Juniorprimere onderwys gestudieer by Potchefstroomse ondewys kollege.

Gedurende August 2001 het die Kirsten familie hulself in Hazyview kom vestig en het Deirdre toe ook die eerste Wysneusie kleuterskool begin. ‘n Paar jaar daarna, in 2005, het hulle verhuis na Pretoria. Vier jaar later was hulle weer terug in ons dorp en ‘n kort ruk daarna het Deidre weer Wysneusie kleuterskool geopen.

Onlangs was haar man ‘n pos aangebied as bestuurder by Sunbake in Nelspruit. Die skuif maak weereens vir Deidre deure oop aangesien sy dalk by Curro skool ‘n verskil kan maak. Haar seun Xander wat tans in graad 8 is, hoef nou nie meer in die koshuis te wees nie en Werner sal by Laerskool Laeveld aansluit.

“Ek groet met ‘n hartseer hart die inwoners en kinders van Hazyview,” sê Deidre. “Ek het soveel goeie tye gehad met soveel mooi herinneringe, maar dis tyd om aan te beweeg.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button