Local newsNewsNewsSchools

Laeskool kyk terug op sy geskiedenis

Laerskool Numbi se deure het op 23 Januarie 1957 ge-open

Laerskool Numbi , is een van die mees bekendste Laerskole in die Hazyview area wat met 430 leerlinge spog. Tans beskik die skool oor 14 departementele onderwysposte, 5 beheerliggaamposte, twee student-onderwysers, twee administratiewe dames en vyf algemene assistente. Die skool bied ‘n verskeidenheid sport -en kultuuraktiwiteite aan, waar die leerlinge gereeld onder die voorstes in hulle onderskeie ligas is.
Laerskool Numbi se deure het op 23 Januarie 1957 deur Dr. JB Vorster met 30 leerlinge ge-open en het as Laerskool Kiepersol bekend gestaan, en was op die terrein waar die huidige Hazyview Protea Hotel vandag is. Die eerste waarnemende hoof was Mnr. W.N. van Wyk. Mnr. D.A. Oosthuizen is vanaf Januarie 1959 as hoof aangestel. As gevolg van ‘n gebrek aan ruimte en ook ‘n tekort aan water , is die skool op 28 Julie 1959, na oorkant die Numbi Hotel verskuif. Op daardie stadium was daar 52 leerlinge in die skool.
Aan die begin van 1962, is Mnr. E.T. Logie as waarnemende hoof aangestel en hy is in 1963 vervang deur Mnr. J.D. Leonard, wat toe in ’n permanente hoedanigheid aangestel is. Op 27 Julie 1965 is Mnr. R. Barnard die pos beklee.
Op 14 Augustus 1968 is die skool se naam amptelik na Laerskool Numbi verander. Barnard was tot aan die einde van 1980n prinsipaal, waarna mnr. J.I. van der Merwe isas hoof aangestel is en data tot in 2006 met sy aftrede gebly het. Mnr. A.S. Coetzee is vanaf 8 Januarie 2007 as nuwe skoolhoof aangestel.
Sedert die beginjare was daar ’n geleidelike styging in die getal leerders en dit kan toegeskryf word aan die ontwikkeling van die landbou en sake-ondernemings wat vinnig toegeneem het. Sedert die 80’er jare het Hazyview ook ’n gesogte toeriste aantreklikheid geword en het hier heelwat deeltitelskemas, asook vakansieoorde ge-open.
Vanaf 1990 het die skool ongekende groei beleef en ’n leerlingtal van 220 l is bereik, wat die skoolgebou heeltemal te klein gelaat het. Die saal is toe in twee aparte klaskamers verdeel.
Daar was groot vreugde en opgewondenheid toe die nuwe en huidige skoolterrein uiteindelik in Junie 1992 aan die kontrakteur oorhandig is om ’n permanente skool vir Numbi se leerlinge te bou. Die huidige skoolgebou is in Augustus 1993 betrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button