NewsSchools

Verdienstelike leerders kry erkenning vir werk

Laerskool Akademie se prysuitdeling het Donderdag in die saal plaasgevind.

KOMATIPOORT – Laerskool Akademie se prysuitdeling het Donderdag in die saal plaasgevind. Dit is een van dié hoogtepunte op die skool se kalender waar leerders erkenning vir prestasies op akademiese, kulturele en sportgebied ontvang het.

Mnr. Ormond Lombard het die ouers vir die motivering van hul kinders bedank. Hy het ook al die leerlinge wat welslae behaal het, gelukgewens. ‘n Paar gedagtes is oor suksesvolle en onsuksesvolle persone geopper.

“Sukses is altyd aan ‘n positiewe gesindheid gekoppel. Hierdie mense fokus op die oplossing, terwyl ander by dít wat verkeerd is en in hul pad staan, vashaak. Positiewe mense vra: “Wat is moontlik?”, en die negatiewes vra: “Wat is die moeilikheid?” Daarom dink ek dat so ‘n houding die grootste struikelblok kan wees. Jy moet leer om anders te dink.

“Negatiwiteit steel jou energie en beroof jou van dit waarin jy jou doelwit sou bereik het.

Die wenresep is: Suksesvolle mense het geskrewe doelwitte, géé voor hulle ontvang, is voortdurend besig om hul vaardighede te ontwikkel, tree met respek teenoor ander mense op en is altyd nederig en doen wat nodig is. Om in jou sport, jou loopbaan, jou besigheid, jou geloof, jou verhoudingslewe en jou gesondheid te presteer, eis toewyding. Harde werk en opofferings moet gemaak word en elke dag moet daar gewerk word aan jou ideale en drome. Ons het almal een kans op hierdie aarde.”

Ouers is deur die hoof gemotiveer om hul kinders aan te moedig en aan te spoor, en hy het gesê dat hulle, sowel as die personeel, deel van die jeug se sukses is. “Ons is vennote in u kind se opvoeding, in sy sukses.”

Akademiese toekennings vir silwer toekennings: 70-79%, goud: 80-84% en ‘n balkie vir 85% en hoër. Kultuurtoekennings – kinders wat by Nelspruit-eistedfod deelgeneem het en in twee verskillende kategorieë ‘n A+ behaal het, of in een daarvan drie keer ‘n A+ gekry het.

‘n Sportbalkie word toegeken wanneer ‘n leerder provinsiale kleure ontvang het of wanneer ‘n span ‘n provinsiale kampioenskap gewen het. Die skool funksioneer met ‘n positiewe puntestelsel, waarvoor daar ook toekennings gegee word. 100 plus beteken 100-149 punte, 150 plus plus beteken 150-199, 200 plus plus beteken 200 punte en meer.

Daar is selfs van die gr. 4- tot 6-leerlinge wat tussen 300 en 400 punte behaal het en wat baie hard werk gewerk het daarvoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button