NELSPRUIT – Laerskool Bergland het die afgelope week die junior skoliere van die skool met pryse vir hul harde werk en goeie prestasies deur die jaar beloon. Daar was aan elkeen van die leerders tussen Graad een en Graad drie sertifikate oorhandig. Die toekennings het gewissel van “die beste leser” tot die “bedagsaamste leerder” ens selfs ‘n paar vir netheid. Die ouers in die gehoor was duidelik baie beindruk met hul kleintjies se prestasies en deurlopend is die saal deur kamera flitse belig. Die kleintjies het trots op die verhoog gestaan, sertifikaat en trofee in die hand en hul oomblik in die son geniet.
Daar word op 27 November ‘n senior fase prysuitdeling in die skoolsaal gehou vir die Graad 4 tot Graad 7 leerders. Tydens hierdie glanseremonie sal daar ook dan hoofleiers en leiers vir die volgende jaar aangewys word.
