NewsNewsSchools

Mengelmoes van kleur en klank

Die gordyn het oopgegaan en baie van die kleuters het maar bleek daarna uitgesien en terwyl sommiges nie genoeg trane kon stort om hul misnoëe met die hele affêre uit te spreek nie, het ander net met bewelippies gestaan, en so nou en dan 'n kerm laat hoor.

BARBERTON – Die verhoog in die skoolsaal van Laerskool Barberton is Saterdagoggend in ‘n mengelmoes van kleur en klank omskep. Dit was vir die jaarlikse konsert van Kleutervriend Kleuterskool wat om 10:00 in ‘n stampvol saal plaasgevind het.

Die opening en gebed is deur die sielkundige, Christie Malan behartig. In haar toespraak het sy die gebruik gemaak van balonne as simboliek van die mens en hoe ons soms voel asof ons helium net nie voldoende is nie.

Sy het gesê dat ons balonne vol van die Heilige Gees gemaak moet word, sodat elkeen van ons, ongeag of ons oor min of vele talente beskik, hoog kan sweef.

Die hoof van Kleutervriend, Liana Nieuwenhuis het daarna die toeskouers verwelkom en almal van personeel tot besighede wat bygedra het, bedank vir hul volgehoue ondersteuning. Sy het ook gemaan dat van hierdie ou kindertjies skaars 18 maande oud is en dat die ouers nie nou al moet begin om Broadway-planne te maak nie.

Die gordyn het oopgegaan en baie van die kleuters het maar bleek daarna uitgesien en terwyl sommiges nie genoeg trane kon stort om hul misnoëe met die hele affêre uit te spreek nie, het ander net met bewelippies gestaan, en so nou en dan ‘n kerm laat hoor.

Dit opsigself het genoeg vermaak verskaf om mee te begin! Die konsert het hoofsaaklik uit musiek en dans bestaan en die meerderheid van die kleuters het met oorgawe deelgeneem.
Die konsert was net lank genoeg om elkeen ‘n beurt te gee om sy deel te doen en net kort genoeg sodat die kleintjies se aandag gehou kon word.

Elke personeellid kan hulself gerus op die skouer klop met hierdie pragtige poging en elke ouer kan met reg trots wees op hul kinders. Dit was voorwaar iets besonders!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button