Vrydag die 22ste November was dit ‘n rep en roer by die Witrivier munisipale swembad in Witriver. Met groot opgewondenheid het die Wild geese se swemmers aan die beginners gala deelgeneem.
Daar was verskye kleuterskole wat deelgeneem het, Little Lambs, Plaaswerf, Noddys en Esiveni Internationale skool net om ‘n paar te noem. Die swemmers het die geleentheid geneem om aan hul ouers en belangstellendes te wys tot hoe ‘n mate hulle reeds waterveilig is en basiese swem tegnieke hulle reeds onder die knie gekry het gdurende die jaar.
Almal het kans gekry om te swem en die water te geniet met ‘n belonging aan die einde van die dag aan die wat uitgeblink het.
Uitblinkers vir die dag was die volgende swemmers: Ella Brocklesby en Yabsserra Rich van Esiveni Skool. Shaneessha Matola ,Thakgolo Malele, Kgupello Maphanga en Silindo Tshabalala van Little Lambs. Caitlyn en Michelle Taylor. Zane Potgieter, Zan-3 Potgieter Lian Antuness van plaaswerf. Giovanni v d Merwe, Christian Gouws, Nathan Louwrens, Ame Quinn, Mia Nel van Noddys en ook Jawhara Peer.
Martie Vitus, Wild Geese se afrigter was vreeslik trots op haar swemmers.
