EntertainmentLifestyleLocal newsNewsNewsSchools

Uitstaande musiekskool talent

Jong pianiste konsert

Die Sophia De Jongh Musiekskool het op Sondag, November 24, vir ’n middag vol opwinding by die Metodistekerk, Witrivier gesorg. Veertien jong pianiste het ’n besige musiek-jaar afgesluit met ’n konsert van uitstaande gehalte. Van die kleinste gr. 2 tot meer ervare gr. 12 leerlinge het verskeie solo’s en duette musikaal vertolk. Die geleentheid is op ’n hoogtepunt en heel gepas afgerond deur Eden van der Westhuizen en Tsavo Raath. Hulle het onderskeidelik die Fantacy Impromptu en die Polonaise in C#, beide van Chopin, uitgevoer. Ander stukke het ingesluit Puck van Grieg, Prelude in Dv en Mazurka van Chopin, Consolation van Liszt en die Habonera-duet deur Bizet.
Die leerlinge het in 2013 uitstekend gevaar met die UNISA teorie- en klaviereksamen en na dese verskyn Victor Arnoldi se naam op UNISA se Ererol vir Uitblinkers terwyl ’n verdere tien leerlinge met lof geslaag het. Drie leerlinge het ook met eervolle vermelding geslaag. Die pianiste het ook uitstaande prestasie tydens die Emnotweni Eisteddfod behaal. Victor Arnoldi het as wenner in die juniorafdeling uit die stryd getree terwyl Eden van der Westhuizen die seniorafdeling gewen en die Innibos-prestasiebeurs ontvang het.
Die opbrengs van die konsert word aan Huis Bethlehem, plek van veiligheid vir kinders, geskenk.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button