Hoërskool beloon al sy sportsterre
Hoërskool Lydenburg se sportprysuitdeling het soos oudergewoonte op die jaarlikse kalender uitgestaan. Fanie van der Merwe, ‘n para-olimpiese atleet, was die gasheer vir die aand en het weer ‘n saadjie van hoop in jong atlete se harte geplant. Van ballet tot karate, sokker en rugby, hokkie tot netbal en tennis tot gholf, het leerders pryse …
Hoërskool Lydenburg se sportprysuitdeling het soos oudergewoonte op die jaarlikse kalender uitgestaan. Fanie van der Merwe, ‘n para-olimpiese atleet, was die gasheer vir die aand en het weer ‘n saadjie van hoop in jong atlete se harte geplant.
Van ballet tot karate, sokker en rugby, hokkie tot netbal en tennis tot gholf, het leerders pryse en trofeë ontvang. Ons eie sport-onderhoofdogter, Marelie Hiemstra, het atlete deur Hicham El Guerrouj ,1500m olimpiese wêreld-rekordhouer, se storie inspireer.
Jacques Brits en Eunice Steenkamp het die prys vir die junior veelsydigste sportseun- en dogter van die jaar gekry.
Kobus Pretorius en Mignon Black het met die senior veelsydigste sportseun- en dogter van die jaar trofee weggeloop, terwyl Keegan Clark as sportman van die jaar en marelie Hiemstra as sportvrou van die jaar aangewys is.
