Local newsNewsNewsSchools

Dienkieland beeld die Kersverhaal uit

Geboorte van Jesus uitgebeeld

Die kleintjies , ouderdom 18 maande tot vier jaar oud, van Dienkieland kleuterskool het Vrydag 25 Oktober die kersverhaal van die geboorte van Jesus uitgebeeld tydens hul jaarlikse skool konsert.

Die konsert is al vir weke lank beplan deur eienaar Berdine Pain en haar assistente, Ouma Ina Potgieter, dogter Charlene Pain en Petty Mokoena. Berdine is vreeslik kunstig en het die versierings met vrye hand geteken en geverf .

Mark Pain het die gaste verwelkom en Sheree Brugger het geopen met gebed. Ouma Ina Potgieter was die storie verteller vir die aand.

Die kinders se ouers kon lekker rustig sit en kyk hoe hul kinders die rolle speel van donkies, Josef en Maria, die drie wyse manne (vroue) herders en Skapies, perdjie, donkie, engel, herders, bees en kuikentjies. Die aand was ‘n reuse sukses en na die Kersverhaal het die kinders weg gespring met lekker lietjies wat hul gesing het.

Presentjies is aan die einde van die konsert aan elke maatjie van Dienkie land oorhandig en lekkerny pakkies aan al die boeties en sussies wat die konsert ook kom geniet het. Die ouers het ook lekker weg gele aan al die verversings wat voorsien is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button