NewsSchools

Laerskool Clivia se presteerders blink uit

Die leerders van Laerskool Clivia is onlangs vir hul prestasies in die jaar beloon.

NGODWANA – Die leerders van Laerskool Clivia, is op Woensdag 27 November vir hulle akademiese prestasies by dié skool se jaarlikse prysuitdeling by die Ngodwana-klubsaal beloon. Leerlinge het sertifikate in die vakgebied waar hulle die beste deur die jaar presteer het, ontvang. “Die saal het pragtig gelyk en die opkoms van die ouers was puik. Baie geluk aan elke leerder wat deur die jaar hard gewerk het,” het die organiseerder Suzette van Zyl gesê.

Marisa Scheepers is as die akademiese ster van die jaar aangewys en Leandri Steyn het die ambassadeurs-trofee ontvang.

Die splinternuwe leerlingraad vir die termyn 2013/14 is óók daardie aand aangewys. Morné Klopper, Emile Fourie, Roux Burger, Jayden Willemse, Mthobisi Khoza, Ruben van der Hyde, Ettiene Pretorius, Samanrha Nicholson, Tiané van der Walt, Anchen du Preez, Asnat Mathaba en Nicolene Botha is reg om ‘n voorbeeld vir die res van die skool te stel.

“Ons wil ‘n rolmodel vir die skool wees en ten alle tye regverdig optree. Ons is opgewonde om volgende jaar volstoom weg te spring.” Die skooljaar vir 2013 kom Vrydag tot ‘n einde. ‘n Hele paar opgewonde gesiggies het hulle vakansieplanne gedeel. “Ons gaan bietjie Marloth Park toe waar ek vreeslik graag ‘n leeuwelpie wil sien. “Daarna gaan ons see toe waar ek saam met my niggies en nefies gaan baljaar,” het die Jozanne Munnek (gr.1) vertel. Chakita Goosen sien uit om met haar babasussie wat sopas een jaar oud geword het, te speel. Sy wil graag ‘n trampolien, ‘n mooi kerkrokkie en ‘n Barbiepop vir Kersfees hê.

Teneal Botes kan nie wag om vir haar ouma in Johannesburg te gaan kuier nie.”Ek gaan na my kuier by my ouma, vir my pappa gaan kuier.”

Hy het reeds vir my ‘n pop vir Kersfees gekoop, maar ‘n stoel om al my poppe op te sit, sal ‘n verdere groot bederf wees.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button